ALBERTINIA NUUS - ’n Oud-losvoorspeler van Rangers, Christo Jantjies het besluit om eerder spiere te bou as om rugby te speel.
Volgens Jantjies het hy baie deur liggaambou tydskrifte geblaai en toe besluit dat hy dit ’n kans wil gee.
Vir meer as twee jaar het hy hard gewerk om soos sy rolmodel, Phil Heath te lyk.
Hy het vir die heel eerste keer Saterdag 7 April aan dié sport deelgeneem met die Garden Route Casino Destiny (Rise of Iron) en verower hy ’n tweede plek.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'