HESSEQUA NUUS - Dit is met groot hartseer dat Suid-Kaap Forum verneem het van die afsterwe van ‘n vorige joernalis en redakteur, Elize Blom op Sondag, 1 Mei.
Volgens inligting het sy kanker gehad. Elize was by die Group Editors-groep reeds sedert 2004 en het die Forum gedurende 2017 verlaat.
Die redakteur en personeel van Suid-Kaap Forum wens haar dogters, familie en vriende sterkte toe in hierdie donker tyd.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'