HEIDELBERG NUUS - Piet Strüwig, oud-polisie kaptein en speurder het op 18 Maart 90 geword.
Sy verjaarsdag is op 14 Maart in die hotel op Heidelberg saam met sy vrou Angela en familielede gevier.
Hy kom van Ermelo en het aan Hoërskool Heidelberg in Gauteng matrikuleer. Hy het gedurende 47 jaar diens in die polisie as Ndondlo, wat nagadder beteken, bekend gestaan.
Die egpaar het twee dogters, ’n seun, vyf kleinkinders en ses agterkleinkinders. Van links is Angela en sy dogters Leoni Enslin en Ria Carreira.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'