'n Noodtoestand is intussen deur die Franse regering afgekonding en die land se grense gesluit. Ses gebiede in Parys is geteiken. Daar was Vrydagaand drie afsonderlike bomontploffings buite die Stade de France waar Frankryk teen Duitsland in 'n vriendskaplike wedstryd sokker gespeel het. Francois Hollande, Frankryk se president, het ook die wedstryd bygewoon, maar is teen halftyd ontruim.
Twee aanvallers het ook met AK47-masjiengewere op konsertgangers by die Bataclan-konsertsaal losgebrand. Minstens 80 konsertgangers is doodgeskiet. Rue Bichat en Rue de Charonne is ook geteiken.