HESSEQUA NUUS - Afgesien van die moontlike negatiewe ervaring wat leerders tydens die grendeltyd en bekendmaking van Covid-19 ervaar het, is dit tyd om met 'n nuwe positiewe perspektief, lewensuitkyk en ideale na die res van 2020 en 2021 te kyk.
Daniël du Plessis, oud-leerder van Paarl Gimnasium en parapleeg het sy lewensverhaal wat daartoe bygedra het dat beide sy bene bo sy enkel geamputeer is, met al die leerders gedeel.
Hy is met 'n fisieke gebrek gebore wat hom baie pyn en seer besorg het, tot hy op amputasie besluit het. Vandag is hy 'n uiters suksesvolle beroepsman, lemnaeler en ambassadeur van God.
Du Plessis se roerende lewensverhaal tot op 27-jarige ouderdom het as kernboodskap dit duidelik gestel dat slegte goed met mense gebeur. Hy stel dit egter dat daar altyd mense is met wie dit slegter gaan as met jou en dat elkeen op die positiewe in die lewe en die uitdagings klem moet lê. 'n Boodskap van inspirasie en hoop vir elkeen wat na hom geluister het.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'