Green het as bewaarder by die Helderstroom en Buffeljags gevangenisse gewerk tot hy 'n paar jaar gelede uit die diens bedank het. Hy het tot kort voor sy dood as sekuriteitswag by die plaaslike hof diens verrig.
Roubeklaers het van oral oor die Wes-Kaap die begrafnisdiens in die VG Kerk bygewoon. Dié diens is Donderdagaand, 22 Augustus voorafgegaan met 'n roudiens deur sy vorige kollegas in bogenoemde kerk.
Sy 94-jarige ouma, Clara Green van New Dawn Park in Pacaltsdorp, wou nie die begrafnisdiens van haar oudste kleinkind misloop nie. Green laat sy vrou, Sunita, sy seun Evan en sy dogter, Tannith agter.

Me. Clara Green (94) het haar oudste kleinseun, Norman Green, se begrafnisdiens bygewoon al verkeer sy nie aldag in goeie gesondheid nie. Saam met haar sit haar seun en pa van Norman, Safier Green en haar dogter, Clara Syster, by wie sy in Pacaltsdorp woon. Foto: Clive Pretorius.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg | Hessequa nuus'