Gallery Update Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Die Stilbaai en Riversdal Ou Motorklubs het Saterdag, 28 November heerlik in Jongensfontein saamgekuier.
Ongeveer 45 lede en hul families het hul motors langs die strand parkeer en 'n smaaklike ontbyt geniet, waarna hulle tot groot vermaak van plaaslike inwoners en toeriste die veteraanmotors laat brul het.
Die klubvoorsitter, Johan Beetge vertel hulle het vier jaar gelede die klub met 13 motors begin. Vandag is daar meer as 45 lede. "Die klub is ook nie net vir mans nie. Ons het reeds twee vroue wat aktief betrokke is," het Beetge gesê.
Fotogalery: Ou motors reis na ontbyttafel
Dit is ook nie net ou motors wat deel van die klub uitmaak nie. Daar is heelwat nuwe spogmotors ingeskryf.
Kyk 'n video hieronder:
Klublede en hul families geniet Saterdagoggend se ontbyt. Foto's: Christo Vermaak
Van die ou motors pronk langs die strand.
Vorige artikel: Ou motorklub trek saam vir ontbyt
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'