RIVERSDAL NUUS - ‘n Inwoner van die Ou Meule-tehuis op Riversdal is positief vir Covid-19 getoets.
Chris Veldsman, uitvoerende bestuurder van DROOM het Woensdagmiddag, 9 September bevestig dat die inwoner positief getoets en die inwoner se familie in kennis gestel is.
Al die inwoners en personeel van die tehuis is met onmiddellike effek onder isolasie geplaas.
Volgens Veldsman is personeel wat tans met vakansie is teruggeroep om die plekke van personeel wat onder isolasie is, te vul.
“Die verpleegpersoneel wat die afgelope tyd in Ou Meule-tehuis gewerk het, is op verpligte self-isolasie geplaas,” het Veldsman gesê. Hy verduidelik dat slegs een persoon van Feedem by die woonstelle toegelaat sal word vir skoonmaak- en wasgoeddienste. “Die persoon mag onder geen omstandighede skoonmaakdienste in die tehuis self verrig nie. Die skoonmakers binne die tehuis mag op hul beurt weer nie die woonstelarea betree nie,” het Veldsman gesê.
Inwoners mag tot verdere kennisgewing nie die tehuis vir besoeke en besigheid verlaat nie en noodgevalle sal op meriete hanteer word.
“Inwoners van die huur- en leefregwoonstelle sal toegelaat word om vir ‘n minimum tydperk te gaan kuier, doktorsafsprake na te kom en noodsaaklike bankdienste te gaan doen,” sê Veldsman.
Hy het bygevoeg dat dit nie nou tyd is vir verwyte en negatiewe houdings nie. “DROOM het nou meer as ooit u ondersteuning en gebede nodig,” het hy die gemeenskap versoek.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'