STILBAAI NUUS - Die liedjieskrywer en sanger Jannie du Toit het Donderdagaand 19 Desember weer 'n draai in Stilbaai gemaak.
Hy het sy program, Die eggo van jou oë, vir 'n waarderende gehoor op Jongensdal buite Jongensfontein aangebied.
Benewens nuwe musiek wat op sy jongste album verskyn, het hy ook ou treffers soos Liedjie vir jou en Madeleine gesing.
Van links: Erdee en Ria van Huyssteen wat die konsert georganiseer het saam met Therina en Jannie du Toit. Foto: Deona Aucamp
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'