Charles Prins, Hessequa raadslid en Caroline Skietekat, Eden Distriksmunisipaliteit raadslid, asook Sakkie Roberts, wyk 5 DA voorsitter, het die verrigtinge bygewoon. Nagenoeg vyftig jeugdiges vanoor Hessequa het aan die werkswinkel deelgeneem.
Skietekat het die aanwesiges verwelkom met Joseph wat veral vir die jeugdiges 'n kort oorsig gegee het oor die geleenthede wat daar vir hulle is. Jo-Anne Hartnick, 'n plaaslike jeugleier, het 'n kort oorsig van Slangrivier en sy ontstaan aan Fritz-hulle deurgegee.
Die fasiliteerders, Alexandra Abrahams, Demi-Dee Beukes, Melissa Koff en Zita Allard, almal personeellede van Fritz se departement het die jeugdiges aan verskeie inligting rakende loopbane blootgestel. Hulle is ook touwys gemaak hoe om CV's en besigheidsplanne vir projekbestuur saam te stel. Finansiële bestuur is ook aangeraak.
Fritz het hulle aangemoedig om te droom en hul drome dan na te streef.
"Jy is die skrywer van jou eie storie (toekoms), droom soveel as jy kan," het hy beklemtoon.
Volgens hom is dié soort uitreiking om die jeug behoorlik te bemagtig en hulle bloot te stel aan die moontlikhede om besigheidsondernemings in hul verskeie gemeenskappe te identifiseer en suksesvol te bedryf.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.

Dennis Joseph spreek die jeugdiges toe, terwyl Albert Fritz aandagtig luister saam met die fasiliteerders, Zita Allard, Melissa Koff en Demi-Dee Beukes.

Die groep jeugdiges het deel uitgemaak van die eendag werkswinkel saam met Albert Fritz, derde van regs voor. Dennis Joseph staan tweede van regs in die tweede laaste ry.
ARTIKEL EN FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'