Dit was die geval Donderdag, 2 Oktober toe 'n vliegtuig van die Flight Training College in George op die Vleesbaai-pad moes land.
'n Motoris het dit vreemd gevind en foto's aan die koerant gestuur.
Met navraag het Walter Waldeck, uitvoerende direkteur verduidelik dat daar tegniese probleme ondervind is met die vliegtuig se enjin, waarna die vlieënier genoodsaak was om in die naaste stil pad met geen risiko vir private eiendom, 'n noodlanding te doen.
Uit die foto's is blyk dit ook dat daar geen skade aan die vliegtuig was nie.
Die voorval is verwys na die Civil Aviation Authority.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.

Die vliegtuig verbonde aan die Flight Training College in George is opgemerk op die Vleesbaai-pad.
ARTIKEL: LOUISE MOUTON, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Vleesbaai, Hessequa nuus'