André (Boesman) Cloete (37) en Heinrich Pipes (20) is op die toneel gearresteer nadat onderskeidelik 67 Tiklollies en 4½ Mandraxtablette in hul besit gevind is.
Cloete staan tereg op 'n klagte van handel met Tik nadat hy by verskeie geleenthede die dwelm aan 'n polisielokvink verkoop het. Pipes is aangekla vir besit van Mandrax.
Beide het Maandag, 22 September in die Riversdal Landdroshof verskyn.
Beide sake word voorlopig van die rol geskrap vir verdere ondersoek en tot die laboratotiumverslag terug ontvang is, wat sal bepaal of die Tik wel Methamphetamien en die Mandrax wel Metachaloon bevat.
Beide stowwe is verbode middels en indien die verslag positief is, sal die saak terug op die rol geplaas word.
In 'n onderhoud met kapt Johan van Tonder, stasiebevelvoerder verduidelik hy dat Cloete geruime tyd deur hulle ondersoek word. Hy het ook drie vorige klagtes van Handel in Tik teen hom waarvan die labotoriumverslae nog uitstaande is.
"Die huidige straatwaarde van Tik is ongeveer R300 per gram en Mandrax verhandel teen ongeveer R60 per tablet, of R20 per kwart tablet".
Om 'n operasie soos die uit te voer doen die polisie aansoek by die direkteur van Openbare vervolging in Kaapstad vir magtiging. Vervolgens word die hele operasie geregistreer en na afloop daarvan word terugvoer gegee aan sy kantoor.
"Strawwe vir handel in dwelms is normaalweg swaarder as vir die blote besit van dwelms en kan 'n persoon wie skuldig bevind word aan handel daarmee 'n swaar boete, asook gevangenisstraf opgelê word".
Suid-Kaap FORUM was heeltyd op die toneel tydens die operasie en daar was geen polisie brutaliteit nie. Die skof betrokke was hoflik en professioneel en is die publiek ook weggehou van die toneel.
*IN SHORT
Two reputed Tik dealers were arrested by Stilbaai Police, Thursday, 18 September in Melkhoutfontein. They were found in possession of 67 Tik lollies and four ½ Mandrax tablets. André (Boesman) Cloete (37) and Heinrich Pipes (20) both appeared in court. Cloete for dealing in Tik and Pipes for drug possession. Cloete was arrested after a police decoy bought Tik from him on several occasions. The case is still under investigation and awaits laboratory tests outcome determine exactly the type of drugs found in their possession.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
 met_567457836.jpg)
ARTIKEL EN FOTO: LOUISE MOUTON, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'