Dié stap is in opdrag van ene John de Jongh, oud-soldaat, kampvegter en huidige voorsitter van die Cape Corps Foundation (CCF) vir dié voormalige landsbeskermers. De Jongh het die vorige Sondag die nuus van die regering se erkenning om hulle te vergoed vir hul getroue diens in die vorige bedeling, aan sowat 20 aspirante begunstigdes oorgedra. Donderdagaand het daar ongeveer 80 mense opgedaag.
Mnr. Safier Green wat die ontmoeting met De Jongh gereël het, is as voorsitter verkies om die komitee te lei om die plaaslike begunstigdes met die nodige hulp en ondersteuning by te staan. Die ander lede is mnre. Pieter Roberts, Daniel du Toit, Johannes van Wyk, past. Nicholas Hendricks asook mee. Collette Pretorius en Salina Persence.
Enige persone wat verdere inligting verlang kan met Green by 028 722 1071 of Hendricks by 073 726 9154 skakel.

'n Deel van die groep begunstigdes luister aandagtig na wat die nuut verkose voorsitter, Safier Green aan hulle verduidelik oor die vordering van die proses tot dusver.