Dié belangrike vergadering vind plaas op Woensdag, 20 Augustus vanaf 16:00 tot 19:00 by die Stilbaai Gemeenskapsaal. Publieke deelname is van kardinale belang by die tipe aansoeke aangesien die gemeenskap se mening nodig is.
Wat behels dit?
Die opgradering van die pad behels die volgende geometriese verbeterings, afhangende van beskikbaarheid van fondse:
- Herbelyning van die pad tussen 13.5 km en 14.5 km. Daar word voorgestel dat hierdie gedeelte van die pad verskuif moet word sodat die skerp draai uitgeskakel word.
- Herbelyning van die pad by 23 km en 24.3 km. Daar word voorgestel dat hierdie gedeelte herbou moet word om 'n 100 km/h ontwerp standaarde vir beide vertikale en horisontale roetes moontlik te maak. Die gebreekte rug toestand en skerp draai moet ook verwyder word.
- Die harde oppervlakte van die pad moet verbreed word om voorsiening te maak vir geteerde skouers vanaf die N2-kruising tot by Stilbaai brug; verbysteeklane op strategiese plekke en 'n eksklusiewe regsdraaibaan by die Melkhoutfontein/Gouritsmond kruising.
- Konstruksie van 'n voetgangerpad met harde oppervlak, asook rehabilitasie van die pad.
- Beskadigde stormwaterdreinering strukture soos pyp-en betonduikers moet herstel en vervang word met nuwe 600mm pypduikers, asook die herevaluering, herstel en vervang van padmerke, weerkaatsers en tekens soos nodig. Beskadigde en onbruikbare veiligheidsreëlings sal vervang word. Die noodsaaklikheid vir moontlike bykomende veiligheidsreëlings sal ook oorweeg word.
ARTIKEL: LOUISE MOUTON, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'