Die saak spruit uit 'n voorval wat glo op Sondag, 9 Februarie hierdie jaar by 'n motorhawe langs die N2, plaasgevind het.
Volgens die klaer, Cornelius Michals, het hy en twee vriende in sy motor gesit toe hy deur ene kapt Mervyn Zana en konst Daniel Moos genader en valslik beskuldig is van onder die invloed sy motor bestuur.
Die polisielede het glo vir Michals en die een vriend geslaan nadat daar 'n woordewisseling tussen hulle was.
Die saak teen Zana en Moos is tot Vrydag, 7 November uitgestel. Daar was aanvanklik kriminele aanklagte teen die klaer in die saak gemaak, maar die klagte is deur die vervolgingsowerhede afgelas.
'n Klein groep ontevrede inwoners het die hofverrigtinge met plakkate bygewoon. "Stop, die Skop, Boks en Donder Cops" was een van die drie plakkate wat hulle vertoon het. Volgens die groep is hulle ontevrede oor die brutaliteit van sekere van die plaaslike polisielede teenoor inwoners.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.

Die groep inwoners het buite die hof betoog teen beweerde polisie brutaliteit. Cornelius Michals, die klaer, staan derde van regs. Foto: Clive Pretorius, korrespondent.
ARTIKEL EN FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'