Die tweede swaarste pampoen met 'n gewig van 343 kg is deur Karel Robertson, ook van Heidelberg, gekweek en ingeweeg. Gert van Deventer, wie reeds drie keer vantevore met die eerste prys weggestap het, was hierdie jaar in derde plek met 'n pampoen van 317 kg.
Program vol pret en plesier!
Hierdie jaar se program was weer propvol aktiwiteite vir oud en jonk. Die uitvoerende burgemeester, rdl. Emor Nel het die fees amptelik geopen waarna daar volstoom fees gevier is. Boeresport (driebeen, hindernis, eier- en kruiwaresies, toutrek, pampoenpitspoeg en selfs 'n kussinggeveg).
Verder het die Trompoppies van Melkhoutfontein feesgangers met hul passies vermaak. 'n Hula-hoop vertoning, die beesloop en 'Sumo wrestling' het ook groot aftrek gekry asook 'n vertoning deur plaaslike karate leerders. Die wenner van die beesloop was Antonie Botha met 'n prysgeld van R2000. Hierdie jaar was daar weer 'arts en craft' stalletjies te kies en te keur asook 'n verskeidenheid van kosstalletjies, insluitende 'n stalletjie wat feesgangers bederf het met pampoen pannekoek, koekies en tert.
Groter deur die jare!
Die Laerskool Bertie Barnard Pampoenfees het in 2006 ontstaan en deur die jare het die fees net slegs gewilder geraak nie, maar die pampoene ook groter!
- 2006 - Leon Stemmet- 176. 4 kg.
- 2007- Alta Goosen -262 kg.
- 2008- Gert van Deventer- 189 kg.
- 2009- C. van Rensburg- 179 kg.
- 2010- Leon Stemmet- 284 kg.
- 2011- Leon Stemmet-325 kg.
- 2012- Gert van Deventer- 366 kg.
- 2013- Gert van Deventer- 402.5 kg.
- 2014- Pienkie Swart- 494 kg.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'