Lions president, Bertie Roux en Lions distrikgoewerneur, Joggie Kastner het die nuwe lede verwelkom en ingehuldig. Zandra Swanepoel asook Ada en Chris Pienaar sal voortaan as Lions bekendstaan.
Vennote van Stilbaai Lions
In 'n poging om persone te betrek by Stilbaai Lions wat nie as volle lede wil of kan aansluit nie, is daar besluit om voortaan persone as 'Vennote van Stilbaai Lions' te betrek by die klub. In hierdie hoedanigheid kan die persone, wanneer omstandighede dit moontlik maak, betrokke raak by die Lions inisiatiewe wat gemik is om die lot te verlig van diegene in die gemeenskap wat minderbevoorreg is.
Tien inwoners in Stilbaai is as vennote van Stilbaai Lions verwelkom: Archie van Dyke, Johan Cronjé, Martin Lowis, Annette Barnard, Willem Cronjé, Naomi en Schalk van Schalkwyk, Fred en Elsabé van Rhyn en Louise Mouton.
Roux het beklemtoon dat die groeiproses en bewusmaking rondom die Lions belangrik is en dat nuwe lede nodig is. Stilbaai Lions klub is in 1985 gestig en doen jaarliks, op verskeie gebiede liefdadigheidswerk binne die gemeenskap. Fondse ingesamel tydens hul fondsinsamelings, soos die jaarlikse Voedsel en Wynfees gedurende Desember, word weer teruggeploeg in die plaaslike gemeenskap en bring verligting vir heelwat organisasies en persone binne die gemeenskap.
Nuwe Lions is die afgelope week ingehuldig. Van links is Chris en Ada Pienaar, Lions Bettie en Joggie Kastner (distrikgoewerneur), Zandra Swanepoel en Lions president, Bertie Roux.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai | Hessequa nuus'