Daar is op 'n Kerspartytjie besluit waartydens die 14 kinders in die klas elk 'n geskenk van nodige goed soos inkleurboeke, tandeborsels, speelgoed, shampoo, deoderant en lekkernye ontvang het.
Die trio het 'n bekende besigheid op die dorp genader wat vir elkeen 'n pop geborg het. 'n Hele lys van Stilbaaiers het ruim bygedra om die partytjie suksesevol te maak.
Klasonderwyseres, juffrou Isabel Beckett en tannie Maria Kortje wie verantwoordelik is vir die Hartliefklas, is ook elkeen bederf met 'n spesiale geskenkie.
Volgens die Jones tweeling Mariëtta en Juanita en vriendin Tronelle Steyn is die partytjie by 'n bekende koffiewinkel in Stilbaai gehou en het die kinders dit baie geniet. "Ons wou met die gebaar net dankie sê aan juffrou Isabel en tannie Maria vir al hul geduld, liefde en ondersteuning aan die Hartliefklas se kinders, asook almal wat 'n bydrae gemaak het om vir hierdie kinders 'n spesiale Kersfees te gee".

Tydens die Hartliefklas se spesiale Kersfeespartytjie is agter van links juffrou Isabel Beckett, Juanita Jones, Tronelle Steyn en Mariëtta Jones.