"Glo my, hulle is nie teleurgestel nie. Soos gewoonlik was die aanbieding van een van die hoogtepunte op Droom se kalender weer 'n groot sukses," het Chris Veldsman, bestuurder gesê.
Die vergadering is onder andere bygewoon deur rdl Emor Nel, (uitvoerende burgemeester; Hessequa Munisipaliteit) en haar man, Dolf, asook deur die beheerraadslede en hul gades.
Die talentvolle Stef Kruger wat onder meer 'n liedjieskrywer, sanger, skilder en fotograaf is was weer net soos verlede jaar die gaskunstenaar. Hy het vir groot vermaak gesorg met sy grappige vertellings van En dissie waarheid, asook met sy kitaarspel en sang. Hy het van sy skilderye uitgestal en te koop aangebied.
Tobie en die werkers van Feedem Pitseng, die uitgekontrakteerde maatskappy wat daagliks sorg vir etes vir die tehuise, het hulself oortref met drie verskillende soppe en die heerlikste brode.
Dirk Jooste, voorsitter van die finansiële komitee, het die finansiële verslag aan die vergadering voorgehou, waarna Veldsman, deur middel van 'n Powerpoint-aanbieding aan die vergadering gewys het wat alles in die afgelope jaar by Droom vermag is en wat beplan word vir die komende jare.
Twee van Droom se werknemers, hoof verpleegkundige, sr Linda Botha en finansiële beampte, Melody Janse van Rensburg, is beloon vir hulle uitstekende werk en hulle deel die trofee vir volgehoue onbaatsugtige diens en bestuursvordering.
Langdiens-sertifikate is toegeken aan: Annie Schoeman en Hester Hendriks elk vir 25 jaar diens, Rachel Vaaltyn vir 15 jaar diens, Melody Janse van Rensburg, Rosina Abrahams en Marlene Hendricks elk vir tien jaar diens.
"Ek wil my dankbaarheid teenoor elkeen wat op een of ander manier gehelp het om die aand suksesvol te laat verloop oordra, maar wil tog spesiaal die naam van Annetjie Kok uitsonder," het Veldsman afgesluit.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
Van links is sr. Linda Botha, Melody Janse van Rensburg, rdl Emor Nel en ds Jasper van der Westhuizen.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'