Na bewering word hoofsaaklik die gloeilampies van die voertuie gesteel, klaarblyklik vir Tikgebruik.
Gert Kleynhans, 'n pensioenaris, was hewig ontsteld toe hy ontdek dat sy bakkie se gloeilampe twee keer binne een week gesteel is en hy is daarvan oortuig dat dit die werk van dwelmverslaafdes is.
Daar is ook by die aangrensende huis ingebreek.
Die huis staan leeg sedert Kleynhans se buurvrou oorlede is. Die diewe het die sekuriteitshek oopforseer om toegang tot die huis te verkry, waar hulle al die elektrisiteitsbedrading en -toebehore, asook ander waardevolle antieke items gesteel het. Vinnige speurwerk het egter bygedra dat die jong booswigte gearresteer is.
Die sake word nog ondersoek.

Gert Kleynhans staan by sy bakkie waarvan die agterligte (inlas) se gloeilampe gesteel is.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'