HESSEQUA NUUS - Gedurende die afgelope weke was daar verskeie kere, sonder enige waarskuwing kragdalings (dips) in die Hessequa-streek wat 'n paar sekondes duur voor die krag weer aankom.
Hierdie dips is skadelik vir elektriese toerusting soos onder meer yskaste, mikrogolfoonde en televisies omdat die stroom wat dan deurkom wanneer die krag aangaan, te sterk is.
By navraag het die munisipaliteit 'n persverklaring uitgereik waarin hulle meld dat hulle bewus is van die elektrisiteit kragdalings, wat in verskeie gebiede in die streek ervaar word.
"Die munisipaliteit is tans besig om met Eskom te kommunikeer oor die oorsaak van hierdie onverwagte dalings. Sodra meer inligting beskikbaar is, sal ons terugvoering aan al ons inwoners gee."
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'