HESSEQUA NUUS - Gedurende die afgelope weke was daar verskeie kere skielike kragdalings (dips) in die Hessequa-streek wat 'n paar sekondes duur voor die krag weer aankom.
Hierdie dips is skadelik vir elektriese toerusting soos onder meer yskaste, mikrogolfoonde en televisies omdat die stroom wat dan deurkom, te sterk is.
By navraag het die munisipaliteit gemeld dat hulle besig is om met Eskom te kommunikeer oor die oorsaak van hierdie onverwagte dalings.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'