HESSEQUA NUUS - Die langnaweek is om die draai en gelukkig is daar baie dinge in die streek om jouself mee besig te hou.
Die Ou Tronk is lank nie meer net 'n tuiste vir oudhede en versamelstukke nie. Unieke Afrika-kunswerke is nou by die nuwe Out of Africa Decorwinkel beskikbaar.
Ou Indiese tempeldeure omskep in kunswerke en meubelstukke is iets wat aanskou moet word.
Heerlike wortelkoek en ander lekkernye om van te kies en keur kan by die opelug-restaurant geniet word. Dit is een van die groot toerisme aantreklikhede van Riversdal met Louise Malherbe aan die stuur van sake.
Lus vir inkopies?
Estuary Life in Fynbosstraat op Stilbaai is net die winkel om te besoek. Bederf jouself met 'n verskeidenheid van damesklere, truie, serpe, handsakke, modebykomstighede, juwele en geskenke. Hulle verkoop Charlotte Rhysprodukte en kan selfs vir jou 'n kledingstuk ontwerp.
Sou jy verkies om tuis te bly sal jy
Mr Video op Riversdal moet besoek. Die winkel is in Dicksonstraat geleë en bly tot 21:00 oop. Vermaak vir die hele gesin is hier op een plek beskikbaar, maar jy kan selfs 'n romantiese aandjie beplan en 'n romantiese komedie, liefdesroman of drama in die gemak van jou eie huis geniet. Moenie die springmielies vergeet nie!
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'