STILBAAI NUUS - Sommige Stilbaai-inwoners is diep omgekrap met die Telkom optiese veselkabels wat nou in Stilbaai gelê word.
Die maatskappy wat dit namens Telkom doen maak ook gebruik van oorhoofse kabels waar, volgens hulle, dit nie moontlik is om die bestaande ondergrondse pype te gebruik nie.
Inwoners sê dat die ou telefoonpale en kabels onooglik is en die estetiese waarde van die omgewing drasties verlaag.
Optiese veselkabels wat gespan word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’