Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Stukkie vars vleis is nooit te versmaai nie, maar nie as dit gesteel is nie.
Volgens ao. Alroy Windvogel, mediabeampte van Heidelberg-polisie kry hulle dikwels mense in besit van vars geslagte vleis waarvan die oorsprong onbekend is. Sulke persone word gearresteer op aanklag van besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
Indien boere egter nie aanmeld wanneer hul vee gesteel word nie, moet die sake mettertyd teruggetrek word weens gebrek aan bewyse.
Windvogel doen 'n ernstige beroep op eienaars van vee om hul kuddes te brandmerk of te tatoeëer en die diere gereeld te tel. Enige vee wat weg is moet onverwyld by die polisie aangemeld word.
Lees 'n vorige artikel hier: Fnuik vleisdiewe deur vee te merk
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'