SUID-KAAP NUUS - Verkeer op die N2 tussen Swellendam en Buffeljagsrivier, rigting George, is Dinsdagoggend 3 September tot stilstand gedwing na 'n ongeluk waarin sewe voertuie betrokke was.
Volgens kapt. Dewald Crous, bevelvoerder van Swellendam-polisie het die botsing ongeveer 07:32 plaasgevind.
Drie persone is ernstig beseer en drie het slegs geringe beserings opgedoen. Een van die ernstig beseerde mans is na Tygerberg-hospitaal oorgeplaas.
Die insittendes van 'n Translux-bus en twee vragmotors vol werkers wat ook betrokke was, is ongedeerd.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. 'n Saak van roekelose en/of nalatige bestuur word ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa, Tuinroete, Karoo nuus'