Update
HEIDELBERG NUUS - Die 61-jarige onderwyser wat daarvan aangekla word dat hy glo 'n leerder verlede jaar op 30 Julie seksueel sou aangerand het, verskyn weer Maandag 28 Januarie in die plaaslike landdroshof.
Die beskuldigde het laas op 16 November in die hof verskyn toe sy borgtogvoorwaardes verskerp is, nadat dit aan die hof uitgewys is dat dié misdaad 'n bylae 5-misdryf is.
Volgens die staat moes heelwat verklarings nog van ander leerders, asook oudleerders verkry word. Dit sou volgens die ondersoekbeampte nog redelik tyd in beslag geneem het, aangesien van die leerders met hul eindeksamens besig was.
Brenda Roodt, die landdros het benadruk dat dit nie in belang van geregtigheid is dat die beskuldigde in Heidelberg moes wees nie en is hy die landdrosdistrik belet, behalwe wanneer hy in die hof moet verskyn.
Die verdagte is steeds op eie verantwoordelikheid uit en is nou op Caledon woonagtig.
Lees vorige artikels hier:
- Onderwyser se borgtog voorwaardes verskerp
- Onnie weer in die hof
- Onnie verskyn weer in hof
- Onderwyser weer in hof
- Onderwyser in hof oor seksuele aanranding
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'