Update
HEIDELBERG NUUSFLITS - Die plaaslike onderwyser wat glo ’n leerder op 30 Julie seksueel by die skool se koshuis sou aangerand het, het Maandag 10 September weer vlugtig in die hof verskyn.
Die saak is tot Vrydag 12 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel. Die leerder en haar ma het op 24 Augustus ’n kriminele klag by die plaaslike polisie aanhangig gemaak.
Die 61-jarige verdagte was eers die Maandagoggend (27 Augustus) by die skool gearresteer en het later die dag op aanklag van seksuele aanranding in die plaaslike hof verskyn.
Die beskuldigde is nog by familielede in Kaapstad.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees 'n vorige artikel hier: Onderwyser in hof oor seksuele aanranding
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'