Update
HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike onderwyser wat glo 'n leerder op 30 Julie seksueel by die skool se koshuis sou aangerand het, het Maandag 10 September weer vlugtig in die hof verskyn.
Die saak is tot Vrydag 12 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel. Die leerder en haar ma het op 24 Augustus 'n kriminele klag by die plaaslike polisie aanhangig gemaak.
Die 61-jarige verdagte is eers die Maandagoggend (27 Augustus) by die skool gearresteer en het later die dag op aanklag van seksuele aanranding in die plaaslike hof verskyn. Dit het verskeie gemeenskapsleiers warm onder die kraag omdat hy nie onmiddellik, soos met ander oortreders op soortgelyke aanklagte, toegesluit is nie.
Daar word blykbaar beplan om met sy volgende verskyning 'n optog vanaf die skool te hou.
Die beskuldigde is op waarskuwing vrygelaat met die streng voorwaardes soos aan hom opgelê tydens sy eerste verskyning. Die beskuldigde is nog by familielede in Kaapstad.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'