ALBERTINIA NUUS - ‘n Onderwyser van Hoërskool Albertinia is departementeel skuldig bevind van aanranding op ‘n leerder.
Die leerkrag het blykbaar ‘n meisie met ‘n bos sleutels agter haar kop gegooi en haar ook met skeltaal van die skoolgronde verjaag.
In ‘n ander voorval het hy ‘n seun met ‘n stok geslaan en hom ook met skeltaal van die skoolgronde weggejaag.
Die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sersant Christopher Spies het bevestig dat die onderwyser krimineel vir albei voorvalle aangekla is
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'