Volgens André Latsky (skoolhoof) is 'n rekord aantal inskrywings ontvang. “Deelnemers van sover as Stellenbosch en Kareedouw het hierdie projek, geborg deur Campworld & Safari Centre op Mosselbaai, in ideale sonskynweer ondersteun. Die besigheid het ook 'n stel bande ter waarde van R15 000 geskenk aan 'n gelukkige lootjie trekking.”
Die Oakdale Ondersteunersklub bestaande uit ouers van George, Mosselbaai, Knysna en Oudtshoorn bied vanjaar weer twee projekte aan, naamlik die 4x4-dag, asook die gewilde ondersteunersdans wat op 16 September by die 4 Brothers-skuur buite George gehou word.
