Update
RIVERSDAL NUUS - Dit is nie seker of die onaangename reuk wat van 'n varkplaas buite Riversdal en soms in sekere dele van die dorp te bespeur was, iets van die verlede is nie omdat Suid-Kaap Forum nie die afgelope paar weke klagtes daaroor ontvang het nie.
Volgens Didi Budricks, munisipale woordvoerder het Hessequa-munisipaliteit op 22 April korrespondensie vanaf die varkplaas, Riversdale Piggery se omgewingskonsultant ontvang wat aandui dat die kondisies wat deur die plaas se vaste afvalbestuurlisensie daargestel was, nagekom is.
"Die varkplaas is tans in die proses om 'n odour management-plan op te stel, wat dan aan die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbestuur gestuur sal word vir magtiging."
Die reuk word blykbaar deur onvoldoende behandeling van die miswater in die anaerobiese dam as gevolg van foutiewe belugting veroorsaak.
'n Inspeksie is op 19 Maart deur die gemelde departement uitgevoer en 'n brief is op 25 Maart aan die varkplaas uitgereik waarin hulle 30 dae kans gekry het om 'n gedetailleerde aksieplan in te dien wat alle versagtingsmaatreëls wat hulle wil implementeer om die slegte reuke van die fasiliteit te verlig, duidelik uiteensit.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'