RIVERSDAL NUUS - Die jaarlikse erkenningsgeleentheid van die Hoër Landbouskool Oakdale het op Donderdag 19 Oktober in die burgersentrum plaasgevind.
Dit was weereens 'n spogge-leentheid waartydens leerders se gawes en talente gevier is en waar hulle vereer is vir prestasies op akademiese-, sport- sowel as kultuurgebied.
Die duxleerder in elke graad is as volg:
- Gr. 8: Duan Rautenbach (gemiddeld 93,66%)
- Gr. 9: Gustav Schutte (gemiddeld 93,07%)
- Gr. 10: Artho Saayman (gemiddeld 91,06%)
- Gr. 11: Kéan Enslin (gemiddeld 90,63%)
- Gr. 12: Schalk Meintjés (gemiddeld 89,92%)
Theo Nel het die Landbou-weekblad-medalje ontvang, terwyl Kurt Coetzee met die sportman van die jaar-toekenning weggestap het.
Die Stefan Marais-toekenning vir die mees veelsydigste prestasie het vanjaar aan Zandré Conradie gegaan.
Tydens die geleentheid het verskeie leerders toekennings vanaf Agri Expo ontvang.
Die groep seuns was wenners by die Agri Expo.
Oakdale se duxleerders van links: Duan Rautenbach, Gustav Schutte, Artho Saayman, Kéan Enslin en Schalk Meintjés.
Kurt Coetzee is aangewys as Oakdale se sportman van die jaar.
Theo Nel met sy Landbou-weekbladmedalje.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’