RIVERSDAL NUUS - Die 2020 gr. 8-klas van die Hoër Landbouskool Oakdale het op Maandag 27 Januarie tydens ’n amptelike saalgeleentheid hul baadjies ontvang en daardeur die tradisie van trots en verbintenis aan die waardes van die skool bevestig.
Die oorhandiging van die baadjies deur gr. 12-leerders aan die gr. 8’s bevestig ook die verantwoordelikheid van mentorskap by die senior leerders.
Die volgende waardes dien as interne kompas vir die daaglikse lewe van Oakdalers: Eerlikheid, netheid, respek, geloof, hoflikheid, toewyding en integriteit.
Die gr. 8-groep in hul baadjies .
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'