RIVERSDALE SKOLE NUUS - Gedurende die afgelope twee jaar het vyf personeellede die onderwys as gevolg van aftrede vaarwel geroep.
Met die aanvang van 2020 het mnre. Pieter Wessels (adjunkhoof), Francois Bischoff (wiskunde), Pierre Bonthuys (sportwetenskaplike) en Pieter van Huyssteen (assistentonderwyser) by die personeel aangesluit. Mnr. Gerrit Liebenberg is as nuwe departementshoof van landbou aangestel.
Die hoof, mnr. André Latsky sê Oakdale is opgewonde oor die nuwe personeel en wens elkeen 'n voorspoedige en genotvolle beroepsloopbaan tussen die akkerbome toe.
Van links is mnre. Pieter Wessels, Pieter van Huyssteen, Francois Bischoff en Pierre Bonthuys.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'