SLANGRIVIER NUUS - Die Loving Shepherds Kersfeeskoor van die dorp het na 'n moeilike fase van hul bestaan, onlangs 'n nuwe bestuur verkies.
Hulle het hul daarop toegespits om weereens 'n leidende rol in die plaaslike gemeenskap se welstand te speel.
Die bestuur, onder leiding van Gert Boezak, nuut verkose voorsitter, is vasbeslote om deur musiek die euwels veral onder die jeug in die kiem te smoor.
Volgens Boezak glo hy dat die jeugdiges net baat sal vind met die aanleer van 'n nuwe vaardigheid soos om 'n musiekinstrument te bespeel.
Agter, van links: André Boezak (musiekbewaarder), David Esau, Charnay Boezak, Donmary Onverwaght en Magdalena Gordon (almal trustees), asook Leana Esau (musiekkaptein). Voor: Anthony Walker (kaptein), Klara Hoogbaard (kassier), Piet Kistoor (president), Gert Boezak en Fraline Mintoor (hulpkassier). Foto's: Clive Pretorius, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'