HEIDELBERG NUUS - 'n Man en vrou, vermoedelik 'n egpaar, is glo op slag dood toe hul voertuig met 'n bakkie op die N2 net buite Heidelberg trompop gebots het.
Die ongeluk het omtrent 6km buite Heidelberg, rigting Riversdal, om ongeveer 16:30 gebeur.
Die pad is steeds afgesper en net een baan is oop.
Die verkeer het vir kilometers ver in beide rigtings opgehoop.
Geen verdere inligting is tans bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'