RIVERSDAL NUUS - Twee mans is Woensdagmiddag 13 Desember oorlede toe hul insleepvoertuig die pad verlaat en op 'n ook stuk grond aan die brand geslaan het.
Dié ongeluk het omstreeks 17:30 sowat 4 km buite Riversdal op die N2 op pad na Heidelberg gebeur.
Die insleepvoertuig was van George af op pad na 'n ongelukstoneel net buite Heidelberg toe 'n band glo gebars en die voertuig oor die aankomende laan gery en in die veld tot stilstand gekom het. Die voertuig het omgeslaan en feitlik onmiddellik aan die brand geslaan.
Die bestuurder is in die bestuursitplek verkool. Sy mede-passasier is uitgeslinger en is op die toneel dood verklaar. Albei was van George.
Die insleepvoertuig was op pad na die ongeluk vroeër gistermiddag, ook op die N2 sowat 10 km buite Heidelberg, om te help met die opruiming.
In dié ongeluk is vier mense oorlede. Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’