Update
HEIDELBERG NUUS - 'n 29-jarige jongman van die dorp is Dinsdag 20 Maart borgtog geweier nadat hy in die hof op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer verskyn het.
Die beskuldigde het glo sy oudste kind se ma wreed aangerand nadat hy haar 'n rygeleentheid huis toe aangebied het.
Volgens die slagoffer was sy Sondagoggend 18 Maart teen ongeveer 02:00 op pad huis toe en het hy aangebied om haar te neem. Hy wou blykbaar hê dat sy saam met hom huis toe moes gaan, maar sy het geweier.
Sy het aangedring dat hy haar moet aflaai, maar voor sy by die huis gekom het, het hy skielik op haar afgekom en haar forseer om saam met hom te gaan.
Toe sy haar teësit het hy haar geslaan en haar begin sleep. Haar oë was blou geslaan en haar gesig erg geswel. Sy het ook blou kolle aan haar arms en liggaam gehad.
Die man is Maandag 19 Maart gearresteer nadat sy 'n klag gaan lê het. Hy bly in aanhouding tot sy verskyning op Dinsdag 3 April.
Volgens die polisie word die saak nog ondersoek en sal die staat borgtog teenstaan.
Lees 'n vorige artikel: Nog 'n vrou wreed aangerand
ARTIKEL & FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'