Update
RIVERSDAL NUUS - 'n Man wat sy onderwysloopbaan by Gerrit du Plessis Senior Sekondêre Skool begin het en na al die jare steeds daar is, sal volgende jaar vanaf 1 Januarie in die prinsipaal se stoel sit.
Patric Witbooi is reeds vanaf 1 Januarie 1989 as onderwyser by die skool betrokke. Hy word tot departementshoof op 1 Julie 2004 bevorder en ongeveer agt jaar later, op 1 April 2012 tot adjunk-prinsipaal.
Hy het die afgelope 33 jaar verskeie posisies ook op sportgebied in die gemeenskap, akademie en vakbond beklee en is tans voorsitter van Eden skolesport.
Hy dien ook as voorsitter van die Suid-Kaap SADOU (Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwys Unie)-streek vir meer as 10 jaar. Hy was vir jare die voorsitter van die Hessequa-sportraad.
Witbooi was self 'n kranige sportman en het provinsiale kleure in krieket op skole- en seniorvlak verwerf.
VORIGE ARTIKEL: Nuwe prinsipaal vir skool
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'