HEIDELBERG NUUS - Twee persone is Vrydagaand 31 Augustus deur sers. Gerrit Jantjies, sektorbestuurder, in samewerking met provinsiale verkeersbeamptes gearresteer en op aanklag van bestuur onder die invloed van alkohol aangekla.
Die derde persoon is die nag van 1/2 September deur konst. Carlin Wewers aangekeer. Al drie is na bloedtoetse op waarskuwing vrygelaat en moet Vrydag 5 Oktober in die hof verskyn.
Ao. Alroy Windvogel, plaaslike polisiewoordvoerder, het weereens benadruk dat hulle geen dronkbestuur op die paaie in die streek gaan duld nie en 'n beroep op alle bestuurders gedoen om nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'