RIVERSDAL NUUS - Mila en Nina se eienaar wou hul nie meer gehad het nie, maar nadat Community Animal Rescue Society (CARS) hulle ingeneem en versorg het, is hulle gereed om na 'n nuwe liefdevolle huis te gaan.
Beide is 11 weke oud en sal later gesteriliseer word.
Persone wat belangstel om diere aan te neem, moet 'n aansoekvorm invul waarna inspeksie van die erf en huis gedoen sal word. Sodra dit goedgekeur en die fooi betaal is, kan 'n hond of kat geplaas word.
Indien jy belangstel, skakel Sandra Lotz by 082 962 1831.
Hierdie tefie is 11 weke oud. Mila is baie slim en hou van speel.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'