RIVERSDAL NUUS - Nooddienspersoneel en alle rolspelers is nog op die toneel van ‘n brand wat ‘n rukkie gelede, ongeveer 13:45 vandag (4 November) in Versfeldstraat 118, Môrestond, Riversdal uitgebreek het.
Volgens Riversdal-polisie se kommunikasiebeampte, sers Christiaan Jansen is niemand beseer nie.
“Die ouma en haar kleinkind het geslaap, toe sy wakker word van die rook. Sy weet nie wat die brand kon veroorsaak het nie.”
Blykbaar het alles in die huis uitgebrand. Enigiemand wat bereid is om hulle met kos en klere te help, kan sers Jansen by die polisiestasie kontak (028 713 8000).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'