Update
RIVERSDAL NUUS - Begrafnisse is vir die naasbestaandes van 'n afgestorwe geliefde 'n hoogs emosionele belewenis.
Tydens die algehele inperking weens Covid-19, wat van middernag 26 Maart tot ten minste 16 April van krag is, kan dit nog meer traumaties wees omdat tradisies omvergewerp word.
Begrafnisdienste word as 'n noodsaaklike diens beskou en ondernemers mag met hul take binne die voorgelegde regulasies voortgaan.
"Die regulasies is sommer 'n dik boek vol," sê 'n ondernemer.
Dit is belangrik om te weet wat en wat nie toegelaat word nie.
- Begrafnisse mag nie deur meer as 50 persone bygewoon word nie, maar munisipaliteite mag die getal verder inkort.
- Indien die ondernemer vermoed dat meer mense gaan opdaag, moet die polisie vooraf in kennis gestel word.
- Begrafnisgangers moet die voorgeskrewe afstand van 1,5 m van mekaar handhaaf. Hulle mag nie aan mekaar raak nie.
- Nagwake, net soos huwelike, tradisionele seremonies en partytjies word heeltemal verbied.
- Familie en vriende mag nie na begrafnisse in ander dorpe of stede reis nie.
- Busse wat begrafnisgangers vervoer mag net die helfte van die toegelate aantal passasiers op 'n keer vervoer.
Begrafnisondernemers mag steeds die liggaam by die huis of hospitaal gaan haal.
"Die regulasies vereis dat ons beskermende klere aantrek en handskoene en maskers dra. Terwyl die koronavirus voortwoed moet elke sterfte hanteer word asof dit deur Covid-19 veroorsaak is."
Die regulasies vereis dat begrafnisondernemers beskermende klere aantrek.
Vorige artikel: Begrafnisreëls 'sommer 'n dik bybel vol'
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'