RIVERSDAL NUUS - Hessequa-munisipaliteit het weereens 'n skoon ouditverslag vir die 2021/2022 finansiële boekjaar vanaf die kantoor van die ouditeur-generaal gekry.
Dis die negende agtereenvolgende jaar wat die munisipaliteit met hierdie besonderse prestasie kan spog.
Volgens die burgemeester, Grant Riddles, simboliseer dit die munisipaliteit se verbintenis tot skoon administrasie en goeie gesonde finansiële bestuur.
"As 'n munisipaliteit wat omgee, streef ons voortdurend daarna om die standaard van dienslewering te verbeter en aan die vereistes van goeie bestuur te voldoen. Om 'n skoon oudit te bekom is 'n uitdaging, maar om 'n skoon oudit te handhaaf is selfs 'n groter uitdaging.
"Ek bedank Hessequa-munisipaliteit se raad, die munisipale bestuurder en sy span van direkteure, asook elke munisipale amptenaar vir hul harde werk en toewyding wat verseker dat ons jaar na jaar hierdie uitsonderlike prestasie behaal."
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'