HEIDELBERG NUUS - Nadat die Goliath Davids Legacy Project die fees verlede jaar suksesvol geïnisieer het, het dit enorme belangstelling vanuit teatergeledere gelok.
Die werk wat die projek doen om 'n liefde vir toneel by die jeug te kweek is van onskatbare waarde, omdat dit akteurs en gehore vir die toekoms verseker.
Kinders en jeugdiges uit verskillende gemeenskappe word bymekaar gebring om ég Suid-Afrikaanse stories te vertel en beloof om inspirasie te bied, maar ook om toneeluitvoerings uit 'n ander oogpunt te beskou.
Aansoeke vir die fees sluit op 31 Augustus. Skole en teatergroepe word aangeraai om vroegtydig aansoek te doen.
Vir meer inligting, aansoeke, registrasies en navrae kan die volgende persone gekontak word: Lloyd Davids, 081 044 2300, e-pos lloyddavids75@gmail.com; Wim Vorster by wimvorster1@gmail.com; goliathdavidslegacy@gmail.com of skakel die kantoor by 023 342 8458.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'