Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - AfriForum voeg die daad by die woord om kwesbare mense teen die koronavirus te help baklei.
Hulle het op Woensdag 13 Mei sakkies naartjies by verskeie tehuise vir bejaardes in die streek afgelewer.
Volgens die streekhoof van AfriForum se suidstreek, Deon de Jager, ontvang hulle weekliks sowat 450 kg sitrus vanaf die Sitruskwekersvereniging van Suid-Afrika. Dié vrugte word in al die distrikte aan mense, wie se immuunstelsels kwesbaar is, uitgedeel.
De Jager benadruk die hoof kriterium om die ontvangers van die vrugte te bepaal, is nie die instansie se finansiële posisie nie: "Die eerste linie van verdediging teen Covid-19 is 'n sterk immuunstelsel. Sitrusvrugte is ryk in vitamien C, wat mense in hoë-risikogroepe soos bejaardes die nodige hupstoot kan gee om die virus af te weer."
De Jager en Johardt van Heerden, distrikskoördineerder van die Boland-distrik, het douvoordag uit Durbanville weggespring en tot op Ashton gery waar die bakkie vol naartjies gelaai is. Hul eerste aflaaipunt in Hessequa was Heidelberg, waarna Riversdal, Albertinia, Stilbaai en Melkhoutfontein gevolg het.
Chris Veldsman, bestuurder by Droom op Riversdal, sê hulle is baie dankbaar vir dié geskenk: "Die gesondheid van ons inwoners is vir ons as bestuur van uiterste belang."
Die sentiment is deur sr. Maretha de Villiers van Huis Alrema, een van die versorgingsfasiliteite op Stilbaai wat nartjies ontvang het, beaam: "Ons waardeer elke stukkie hulp wat ons kry om ons inwoners veilig te hou."
Kyk 'n video hieronder:
Van links: Sr. Linda Botha (hoofverpleegkundige by Droom), Johardt van Heerden, Deon de Jager en Chris Veldsman. Foto: Deona Aucamp
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa, Tuinroete nuus'