Update
STILBAAI NUUS - Die name van die ander oorledenes wat in gister, 9 Augustus se gru-ongeluk op die N2/R305-kruising by Stilbaai gesterf het, is ook bekend.
Rudi Koertzen, 'n voormalige kriekettoetsskeidsregter en Wouter Verwey is op die toneel oorlede, so ook Jacobus Tarantal, skoolhoof van Oker Primêr van Albertinia, soos in ‘n vorige berig vermeld.
Die 73-jarige Koertzen het in meer as 100 toetse en 200 eendagtoetse gestaan.
“Die bestuurder van die SUV, Justice de Wet was per helikopter na George-medikliniek vervoer,” het sers. Christiaan Jansen van Riversdal-polisie gesê. Dit is nie bekend hoe ernstig sy beserings is nie.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'