Video
RIVERSDAL NUUS - Die junior koor van Panorama Primêr is oorgehaal vir die eindronde van die televisiekoorkompetisie 'Sing in harmonie'.
Hoewel hul afrigter mev. Dot Adams nie wil verklap watter lied hulle sal sing nie, kan sy skaars haar opgewondenheid beteuel wanneer sy van hul voorbereiding vertel.
Hulle het die uitdunronde gewen met die bekende Java jive.
Die koor bestaan uit 50 leerders tussen gr. 1 en gr. 4 wat twee keer per week in skooltyd oefen. Namate optredes naderkom word daar ook na-ure hard gewerk. Sulayman Human van Oudtshoorn is hul begeleier.
Adams het groot lof vir die ondersteuning wat die koor vanaf die skoolhoof, personeel en ouers ontvang.
Kyk 'n video hieronder:
Die koor en hul begeleier tydens 'n oefening in die Riversdal-burgersentrum. Foto: Deona Aucamp
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'