HEIDELBERG NUUS - 'n Middeljarige plaaswerker van Heidelberg het Donderdagmiddag 28 Desember tragies gesterf nadat hy deur 'n motor op die N2 getref is.
Andries "Tiel" Hendricks (52), wat Saterdag 30 Desember sou verjaar, is Donderdag net na 09:00 deur 'n ligte Kia motor sowat 7 kilometer buite die dorp getref nadat hy vermoedelik voor die motor ingestap het toe hy die pad wou kruis.
Hy is na die hospitaal geneem met ligte nek- en kopbeserings waar hy later Donderdagmiddag aan sy beserings beswyk het.
Hy laat twee dogters, twee seuns, een kleinkind, sy ma en 'n broer en suster agter.
Volgens die polisie word die ongeluk nog ondersoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’